
Dr. Edward Bach se lewensverhaal
‘The light that never goes out’
As dit van jou laboratorium se venster gesê word, is jy sekerlik besig met iets groots!
Dr Edward Bach - mediese dokter, bakterioloog, plantkundige, chirurg, entstofnavorser, homeopaat en uitvinder van Bach Flower Remedies, is hier ter sprake.
Dr. Edward Bach het mediese studies in Birmingham en later aan die University College Hospital, London, voltooi, waar hy ook chirurg was. Hy het ook ‘n privaatpraktyk bedryf. As a bakterioloog en patoloog het hy navorsingswerk oor entstowwe in sy eie laboratorium gedoen.
In 1917, gedurende die Eerste Wêreldoorlog, het Dr. Bach in die sale waar beseerde soldate wat van die oorlogsfront in Frankryk teruggekeer het, gewerk.
Gedurende sy werk hier, het hy ‘n ineenstorting beleef en is met kanker gediagnoseer. Hy sou volgens die toetse nog 3 maande leef.
Hy het egter wonderbaarlik herstel en sterker as ooit, het hy geglo dat hy nog werk gehad het om te doen.
Homeopatiese navorsing
Dr. Bach was ontevrede daarmee dat daar van dokters verwag is om op die siekte te fokus, in plaas van op die persoon as ‘n geheel van liggaam, verstand en gees.
Hy het dus na ‘n meer holistiese benadering tot medisyne gestreef. Hy het ‘n pos by die Royal London Homeopathic Hospital aanvaar.
Hier het hy gou die ooreenkomste tussen sy werk in verband met inentings en die beginsels van homeopatie raakgesien.
Hy het sy entstowwe aangepas om ‘n reeks van 7 homeopatiese nosodes te ontwikkel. Hierdie werk en die publikasie daarvan het aan hom erkenning en ‘n groot mate van eer in homeopatiese kringe besorg. Mense het na hom as ‘die tweede Hahnemann’ begin verwys. (Samuel Hahneman is die vader van homeopatie soos ons dit tans ken).
‘n Soeke na iets nog eenvoudiger
Dr. Bach was van mening dat die stelsel van homeopatie selfs te ingewikkeld was vir mense om hulleself te help, en het steeds na meer eenvoudige en meer natuurlike behandelings gesoek. Soos hy aan sy assistent gesê het – as hy ‘n toebroodjie wil maak gaan haal hy slaaiblare in die tuin. As hy bang en angstig is, gaan haal hy Mimilus en as hy oormatig bekommerd is, pluk hy Red Chestnut. So eenvoudig moet dit wees!
Goeie mensekenner
Hy was ‘n uiters noukeurige waarnemer van menslike gedrag, en dit was vir hom baie opvallend dat verskillende soorte mense met verskillende emosionele benaderings tot die lewe, baie verskillend op siekte reageer. Mense sou ook makliker gesond word wanneer hulle emosioneel gebalanseerd was.
Gebruik plante en blomme
Hy het plante en in die besonder blomme begin versamel, met die hoop om ‘n selfs sagter behandeling as die nosodes van homeopatie te ontwikkel.
Teen 1930 was hy so entoesiasties oor die rigting wat sy navorsing begin inslaan het, dat hy sy susksesvolle mediese praktyk gesluit, en London verlaat het.
Nuwe sisteem van genesing
Dr. Bach het daarop begin fokus om ‘n nuwe sisteem van genesing the vind, wat hy geglo het êrens in die natuur opgesluit lê. Hy het as sy assistent, ‘n radiografis genaamd Nora Weeks, saamgeneem.
Met verloop van tyd en die toets van honderde plante se eienskappe, het hy een vir een op die behandelings afgekom waarna hy gesoek het.
Elkeen was gemik op ‘n spesifieke emosionele toestand waarin mense kon verkeer, wat tot chroniese siekte kon lei.
Suksesvol afgehandel
‘n Jaar nadat hy die sisteem van 38 Bach Flower Remedies voltooi het, is hy oorlede.
Hoe die stelsel werk
Hier is ‘n voorbeeld van een van die planttinkture soos direk van die Bach Instituut se blad af aangehaal.
“ Willow
… is for people who feel resentful and bitter about the way their lives have gone.
In a Willow state we begrudge others their success and happiness, and are reluctant to admit when our own lives go well.
We prefer to grumble, and are prone to resentment and self-pity.
The remedy encourages the rebirth of optimism and faith.
It helps us feel more generous towards others and more aware that negative thinking can attract the very ill-fortune of which we complain.
Dr Bach’s description
For those who have suffered adversity or misfortune and find these difficult to accept, without complaint or resentment, as they judge life much by the success which it brings. They feel that they have not deserved so great a trial, that it was unjust, and they become embittered. They often take less interest and less activity in those things of life which they had previously enjoyed.”
Die Bach Instituut het die planttinkture in meer moderne taal volgens sewe groepe emosies ingedeel wat mense se gesondheid positief kan beïnvloed, nl:
Find Joy and Hope
Live and let Live
Stand your ground
Face your fears
Live the Day
Reach out to others
Know your own mind
Praktiese voorbeeld:
Onder Stand your Ground kan die volgende emosies behandel word:
· You can’t easily say no to people
· Other people’s ideas knock you off course
· You feel wounded, spiteful, or jealous, or want revenge
· You hide your troubles behind a smile.
As jy mooi hierna kyk, is die kans goed dat jy verbitterd kan word as jy nooit jou eie keuses kan uitoefen nie.
Dit is ‘n vorm van stress en jou ‘veg of vlug’ stelsel word geaktiveer.
Indien jy jare lank jou natuurlike reaksie onderdruk, en maar net almal tevrede stel, kan fisiese toestande soos stressverwante siektes ontwikkel.
Laat meng jou eie behandeling
Tot en met 5 ‘remedies’ kan gekies word en in een 30ml behandelingsbottel gemeng word.
Die behandelings is effektief, sagwerkend en bring gou verligting.
Dit is dus meer sinvol om ‘n behandeling met ‘n verskeidenheid tinkture teen R95 te laat meng, as om 5 bottels teen R359 elk aan te koop.
Die tinkture word van Engeland vanaf die Bach Instituut bestel, en ingevoer.
Mirre & Kaneel hou die volledige reeks aan, en sal jou graag help om ‘n behandeling te meng.
Besoek Mirre & Kaneel om jou behandeling te meng.
Bronnelys
Hartlike groete
Carina Falck
060 526 1422
Disclaimer: No complimentary health treatment is meant to replace medical treatment and should be done responsibly in agreement with your general physician. We are not responsible for decisions that you personally make to discontinue any medication.
Comments