top of page

Frankincense 1

Carina Falck

Frankincense -                                     verstommend, van ver, veelsydig.
Frankincense - verstommend, van ver, veelsydig.

Korrels smeulend in ‘n bakkie op ‘n oosterse mark, rookwolke in ‘n katedraal, lang kameelkaravane, misterieuse prinsesse uit Oman...

Arm Somaliërs wat gom oes, Midde-Oosterse parfuummakers agter swart baarde en wit tulbande, geskenke aan die Kind in Bethlehem - orals kan jy frankincense vind.





Die afgelope paar maande het soveel mense frankincense-olie kom koop, dat ek gedink het dit is die moeite werd om die besondere olie van nader te leer ken.

 

In ‘n puik artikel skryf April Long:

“As trees go, Boswellia sacra is no beauty. It’s low, knobby, and gnarled, like Harry Potter’s Whomping Willow mixed with a baobab, a bonsai, or something out of Dr. Seuss. The environment in which it grows, too, is particularly punishing: It thrives in searing heat and relentless wind; its roots cling precariously to desert rocks where no other living thing can find purchase.

Yet the scent of the tree’s resin—that sublime and sacred substance known as frankincense—has enthralled human beings for millennia. Once as valuable as gold, it has fueled the growth of empires, sparked battles, sealed truces. It’s probably the most famous

Christmas gift ever given. And, like many of the earth’s botanical treasures, we are uncomfortably close to losing it forever.”

 

Frankincense of wierook – en wat is dit?

Weens die tradisionele gebruik in Afrikaans van die woord ‘wierook’ vir die smeulende vorm van die gom in stokkies of korrels, gebruik ons die woord frankincense-olie  vir die doel van dié artikel. (Die alternatiewe naam vir die gom is olibanum.)

Frankincense word in ‘n paar vorme gebruik:

-   die gedroogde gomkorrels

-   verwerk in wierookstokkies

-   olie uit die korrels gedistilleer

- die oorblyfsels van die distillasieproses waaruit komponente wat in die parfuum en kosmetiese bedryf gebruik word, verkry word

 

Verkryging van die olie

Frankincense in al sy vorme is ten minste 5000 jaar lank al in gebruik.

‘n Klein snit word in die stam van die boom gemaak, en die gom wat daaruit drup, word na ‘n week of wat versamel. Mense oes weke lank in onherbergsame areas aan die gom.

Daarna daar hulle dit ver ente na plekke waar dit met die hand sorteer en gradeer word. Daarna volg ‘n langsame stoom- of waterdistillasie proses.

 

Baie van die gom word uit besonder arm lande soos Somaliland verkry. Die bome behoort daar aan familiegroepe en die gebied is uiters onherbergsaam.  Ander lande waar frankincense verbou of geoes word, is Indië, Oman, Ethiopië, Nigerië en Kenia.

 

Teen die tyd dat jy ‘n druppel frankincense gebruik:

·       is die boom meer as 12 jaar oud

·       het die tapper te voet woestynomstandighede trotseer

·       is die gom met die hand sorteer

·       is daar met groot moeite omtrent 45 ml olie uit 1kg gom gedistilleer.

 

Net om jou nuuskierig te maak oor die volgende artikel:

 

Persoonlikheidsprofiel vir frankincense-olie

Mense wat intuïtief van frankincense hou, straal dikwels die indruk van geheimsinnigheid en misterie uit. Hulle toon volwassenheid, selfvertroue en doeltreffendheid. Alhoewel hulle nie noodwendig godsdienstig in die tradisionele sin van die woord is nie, het hulle dikwels 'n innige liefde vir God.

Hulle is gewoonlik goeie kommunikeerders en is warm, vriendelik en liefdevol. Frankincense-aanhangers is ook sensitief vir atmosfeer en gesindhede tussen mense en in ruimtes soos huise en vertrekke.


Bronnelys en aanbevole artikels oor frankincense

Meer oor die ‘Frankincense Forest’ in Somaliland:

Soorte frankincense

 

Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy 2nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003. P 204 - 205

 

 

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page