top of page
Carina Falck

Frankincense Essensiële Olie

Updated: Apr 24, 2023


Botaniese naam:

Boswellia carteri (Somalië)

Boswelia sacra (Oman, Yemen, and suidelike Saudi Arabië)

Boswelia frereana (Somalië)

Boswelia papyifera (Wes-Ethiopië)

Boswelia serrata (Wes-Indië)


In een van die bes-geskryfte artikels wat ek nog gelees het, skryf April Long:


“As trees go, Boswellia sacra is no beauty. It’s low, knobby, and gnarled, like Harry Potter’s Whomping Willow mixed with a baobab, a bonsai, or something out of Dr. Seuss. The environment in which it grows, too, is particularly punishing: It thrives in searing heat and relentless wind; its roots cling precariously to desert rocks where no other living thing can find purchase.

Yet the scent of the tree’s resin—that sublime and sacred substance known as frankincense—has enthralled human beings for millennia. Once as valuable as gold, it has fuelled the growth of empires, sparked battles, sealed truces. It’s probably the most famous Christmas gift ever given. And, like many of the earth’s botanical treasures, we are uncomfortably close to losing it forever.”



As jou kop vol geesdinge is, sal jy van wierook hou. Daar is ’n misterie, ’n vreugde, ’n klompie trane, liefde, armoede, geld, drome en hoop in die reuk van wierook vasgevang.

Van die Jesuskind, tot katedrale vol Katolieke, van lang rye Josefkamele tot misterieuse prinsesse uit Oman, van droë woestyne met arm Somaliërs wat gom oes, tot parfuummakers in die Midde-Ooste wat agter swart baarde en wit tulbande glimlag, orals kan jy wierook vind.


In die Bybel is daar veral verwysing na wierook in verband met gebed:


Levitikus 24:5-9 AFR20


“Jy moet gesifte meel vat en daarmee twaalf ringbrode bak. Elke ringbrood moet twee tiendes van 'n efa meel bevat. Sit dit in twee rye, ses in 'n ry, op die rein tafel voor die Here neer. Sit by elke ry suiwer wierook; dit sal, as simboliese offer van die brood, 'n offergawe aan die Here wees.


Openbaring 8:1-5 AFR20


En toe die Lam die sewende seël oopbreek, het daar vir ongeveer 'n halfuur lank stilte in die hemel neergedaal. En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en aan hulle is sewe trompette gegee. 'n Ander engel het nader gekom met 'n goue wierookbak, en by die altaar gaan staan. Baie reukwerk is aan hom gegee om, saam met die gebede van al die heiliges, op die goue altaar voor die troon te gaan offer. Die rook van die reukwerk het, saam met die gebede van die heiliges, uit die engel se hand voor God opgestyg. Die engel het toe die wierookbak geneem, dit met vuur van die altaar af gevul, en dit op die aarde uitgegooi. En daar was donderslae, dreunings, weerligstrale en 'n aardbewing.

Mense neig om een of ander oer-kennis oor sekere dinge te hê, en deesdae kom dit al meer na vore dat sekere intuïtiewe gebruike wetenskaplike gronde het.


Wierook bevat ongeveer 28 reeds-geïdentifiseerde chemiese komponente, waarvan die terapeutiese waarde die volgende is:


As medisinale hulp, kan frankincense essensiële olie met die volgende help:

Dit is antisepties, bevorder die genesing van wonde, die vorming van littekenweefsel en moedig die groei van velselle aan. Die olie vertraag weefsel-agteruitgang, en is goed vir droë volwasse vel, merke, wonde en plooie.


Wat spysvertering betref, verbeter dit algemene spysvertering en as diuretikum help dit met terughouding van vog.


Sommige siektetoestande soos asma, is dikwels aan spanning en angs gekoppel. Hier verrig frankincense ’n uitstekende taak omdat dit twee dinge doen: dit verlaag angs, senuweespanning en verlig stress, en het die vermoë om asemhaling dieper en rustiger te maak.


Energievloei

Energievloei is ’n begrip wat meer dikwels in Tradisionele Chinese medisyne, (TCM) en Ayurveda gebruik word.

Die idee het te doen met die gedagte dat wanneer jy aan konstante stres, trauma, spanning ensovoorts blootgestel was, daar ’n opeenhoping van stres in jou emosionele stelsel, of geestelike stelsel, aura of energieveld ontwikkel. Frankincense het ’n beduidende invloed op die vloei van energie waar daar 'n opeenhoping van stres is, wat tot prikkelbaarheid, rusteloosheid en slapeloosheid lei.


Persoonlikheidsprofiel

Mense wat intuïtief van frankincense hou, straal dikwels die indruk van geheimsinnigheid en misterie uit. Hulle toon volwassenheid, selfvertroue en doeltreffendheid. Alhoewel hulle nie noodwendig godsdienstig in die tradisionele sin van die woord is nie, het hulle dikwels 'n innige liefde vir God.

Hulle is gewoonlik goeie kommunikeerders en is warm, vriendelik en liefdevol.

Frankincense-aanhangers is ook sensitief vir atmosfeer en die tipe energie, atmosfeer, gesindheid of frekwensie in mense en ruimtes.

Subtiele aromaterapie

Hierdie term dui op die invloed wat ’n essensiële olie op jou essensie as mens het – dit word begryp as die subtiele of onsigbare jy – die deel van jou wat ewige lewe bevat. Frankincense help hier met meditasie, nadenke en gebed. Indien jy sukkel om bande met die verlede te knip – met ander woorde gedagtes en obsessiewe denke oor dit wat was, in plaas van wat is en sal wees, sal die inaseming van frankincense, of massering met frankincense-olie help. Dit is veral die geval waar dié bande persoonlike groei belemmer. Dié besondere olie help ook om ’n ooraktiewe gedagtegang te kalmeer.


Bron: Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy 2 nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003. P 204 - 205


Lees gerus April Long se die hele artikel van hier – dit is die moeite werd!

Aanwending:

3-5 druppels in ’n diffuser of badwater.

6-9 druppels op 10ml draer-olie.

Appelkoospit-olie, jojoba-olie, en soet amandel-olie is draer-olies wat baie maklik absorbeer.


12 views0 comments

Comments


bottom of page