Aromaterapie - vir diegene wat gesondheid anders wil benader.
Wat kan jy verwag tydens 'n besoek aan 'n aromaterapeut?
Tydens 'n besoek aan jou aromaterapeut sal jy die geleentheid kry om tot 90 minute se onverdeelde aandag van jou terapeut te ontvang.
Jy sal die geleentheid kry om 'n vraelys in te vul oor inligting soos:
spesifieke gesondheidsklagtes
stressors in jou lewe
jou algemene gesondheid
chroniese medikasie
trauma, verlede en huidige
ondersteunende verhoudings in jou lewe
enigiets wat jy dink/weet jou gesondheid beïnvloed
Wat sal jou aromaterapeut jou bied?
Jou terapeut sal nou olies voorstel met spesifieke genesende eienskappe en aromas waarvan jy hou en waarby jy aanklank vind.
Een grootte pas nie almal nie
Daar is verskeie olies wat kan help met bv. slapeloosheid, maar dit is belangrik dat jy olies gebruik wat jy persoonlik aromaties aangenaam vind.
Dieselfde geld vir iets soos depressie – is jy lusteloos of geïrriteerd, of huilerig?
Kundige vermenging
Op grond van haar opleiding sal die aromaterapeut alle faktore in ag neem en iets vir jou meng wat by jou fisiese, emosionele en geestelike behoeftes sal pas.
Hoe om te gebruik:
Vra 'n masseerterapeut om jou persoonlike mengsel te gebruik wanneer jy ‘n massering bespreek.
Vra jou aromaterapeut om dieselfde formule te gebruik om 'n gekonsentreerde diffusermengsel te skep wat jy by die huis kan gebruik om nog beter resultate te verkry.
Voeg 'n paar druppels van jou mengsel by jou daaglikse bad of stort, en selfs jou lyfroom.
En die koste?
As jy nie die stres en emosies onderliggend aan baie chroniese toestande behandel nie, sal dit lei tot opgehoopte mediese rekeninge en bykomende betalings op jou apteekrekening.
Jy sal ook die newe-effekte van die chroniese medikasie begin behandel, en die hoofrede vir chroniese toestande – stres – sal onbehandeld bly.
‘n Baie groot deel van komplementêre gesondheid fokus daarop om jou in beheer van jou eie welstand te plaas – van onskatbare waarde!
Ons vra ook nie ‘n fooi vir elke klein gesprek nie, en jy is welkom om in te loer en 'n nuwe voorraad te kry teen net die koste van die mengsel.
Ons pryslys
Konsultasie R350
Tussen 60 en 90 minute, afhangende van jou behoeftes.
Masseermengsel
R120 tot R160/50ml afhangende van die olies wat gebruik word.
Diffusermengsel
R150 – R190/10ml afhangende van die olies wat gebruik word.
Rollerbotteltjie
R69 – R85/10ml afhangende van die olies wat gebruik word.
Hartlike groete
Carina Falck:
060 526 1422
Disclaimer No complimentary health treatment is meant to replace medical treatment and should be done responsibly in agreement with your general physician. We are not responsible for decisions that you personally make to discontinue any medication.
Commentaires