Ek plaas vandag ‘n taamlike tegniese stukkie inligting om te verduidelik waarom dit so algemeen aanbeveel word dat mense ‘diffusers’ vir essensiële olies in hulle huise gebruik.
‘n Paar kante van die saak
Ø Indien jy essensiële olies vir iets soos ‘n wonde gebruik – bv. tea tree of niaouli op ‘n muskietbyt of sny, moet jy dit natuurlik op die vel aanwend.
Ø Indien jy vir ‘n massering gaan terwille van ontspanning of seer spiere, word die olies met ‘n draer-olie gemeng om dit aan te wend. Die aanraking van die terapeut, en die kennis wat sy van spiertoestande het, is ‘n groot pluspunt.
Ø Indien jy wil fokus op die behandeling van emosionele toestande wat onderliggend aan ‘n fisiese toestand is, is inaseming die beste.
Waarom?
Wanneer essensiële olies ingeasem word, kan die volgende gebeur:
Ø die molekules beweeg via die hele longstelsel (vanaf die tragea na die alveoli) en dan na die bloedstroom
Ø die molekules kan in die bloedstroom geabsorbeer word d.m.v. die slymvliese in die neus
Ø die molekules bind aan die olfaktoriese haartjies (cilia) en begin ‘n olfaktoriese (reuk) respons
Ø Die essensiële olies het ‘n lipofiliese aard (neig om vetoplosbaar te wees) en kan dus deur die bloedbreinskans dring.
Ø Hierdie eienskap veroorsaak dat daar ‘n maklike uitruiling van essensiële oliekomponente na die lipied-ryke senuweestelsel is.
Ø Hierdie stelsel laat die olies toe om na die outonome senuweestelsel te beweeg, wat die sentrums vir leer, geheue en hormone bevat.
Ø Wanneer ‘n oliemengsel soos sipres, den en patchouli vir spanning aanbeveel word, bereik dit die limbiese brein waar veg, vlug en vries beheer word.
Ø Op hierdie manier kan die diep inasem van so ‘n mengsel jou binne minute kalmer laat voel.
Van die bekende na die onbekende
Baie van ons het al in ‘n gastehuis geslaap waar die seep, sjampoe, en lugverfrisser alles na laventel ruik. Ons weet dat laventel kalmeer en slaap bevorder.
Na aanleiding hiervan kan ons ‘n bietjie verder gaan, en die unieke reuk van sipres en den gebruik om te stabiliseer, die reuk van lemoen en lemoenbloeisel om depressie te verlig, en die reuk van jasmyn om vrees te verjaag.
Om te probeer
Hier is ‘n uiters stabiliserende mengsel vir erge spanning:
3 druppels sipres
3 druppels den
2 druppels patchouli
Meng op 10 ml Appelkoospit-olie in ‘n rollerbotteljie en wend oral waar die are naby die vel loop, aan(agter die knieë, op die polse ens.)
Of gebruik die mengsel in jou diffuser en laat die kalmte oor jou neerdaal!
Jy kan ook hierdie behandeling by Mirre & Kaneel kom koop.
Hartlike groete
Carina Falck
Kontak: Carina Falck 060 526 1422
Vrywaring
Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word en vervang nie enige mediese behandeling nie. Dit word op eie risiko gebruik.
Bron:
Battaglia, S.
The complete guide to aromatherapy, 2nd edition.
The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003
P85- 93.
Mirre & Kaneel Essensiële Oliewinkel
Besoek ons vir ‘n groot verskeidenheid essensiële olies en aanbevelings oor watter olies om te gebruik.
Ons is ook ‘n verskaffer vir Aloe Ferox velsorgprodukte en aanvullings.
Mirre & Kaneel
Haweweg 14
Kleinmond
Bình luận