top of page
Carina Falck

Kan essensiële olies PMS verlig?






REGTIG ???

Enigiemand met 'n hormoon of twee weet dat dit amper onmoontlik is.

Ek is 'n bietjie onseker of dit heeltemal waar is - soms help jou normale sikliese buie jou:

Jou kwesbaarheid en onsekerheid  laat ander na jou uitreik, om geïrriteerd te raak laat soms dinge vinniger gebeur, depressie laat jou 'n bietjie tyd aan jouself afstaan ...

Maar soos ons maar te goed weet, kan dit verwoesting saai wanneer jy ander onbedoelde leed deur jou harde woorde aandoen.

Ongelukkig is dit amper altyd dié in ons binnekring wat dit tydens PMS moet ontgeld.

Die woede-uitbarstings, tranerige episodes, lustelose depressie-aanvalle en daardie geïrriteerde stemtoon wat almal in die huis begin vrees, word vir jou ook ’n verleentheid as dit te erg raak,  en jy moet aanhou om verskoning vra.

 

Verskillende scenario's

Miskien werk jy in 'n  omgewing wat deur mans oorheers word en weet jy hoe vinnig mans jou nie ernstig opneem as jy gedurig in die een of ander 'bui' is nie.

Miskien onderrig jy hoërskoolleerlinge en moet jy ten alle koste kalm bly om te verhoed dat kinders jou koggel.

Miskien het jy jong kinders op wie jy jou humeur onnodig uithaal...

Miskien verdwyn jou man gedurig viswaters toe...

Bogenoemde is tonele wat heeldag afspeel, en ons probeer soms dit soms om dit te verskoon as normaal en verwag van ons mense om ons net so te aanvaar.

 

21ste eeu

Ons is egter in die 21ste eeu, en modern - ons wil beter as dit vaar.

Ons wil graag bekendstaan as vroue in beheer van onsself, wat deernis aan ander onder moeilike omstandighede kan betoon.

Ons wil dus graag  ‘n goue middeweg tussen normale emosies en ‘n verlies aan selfbeheersing vind.

 

Balans en hulp

 Wat essensiële olies betref, wil dit voorkom asof die natuur besonder groot simpatie met vroue het – kyk net na die lys hieronder wat met die bestuur van PMS kan help!

 

Rose (roos)

Grapefruit (pomelo)

Sweet basil (basiliekruid)

Jasmine (jasmyn)

Rose geranium (malva)

Clary sage (salie)

Roman chamomile (kamille)

Bergamot

Nutmeg (neutmuskaat)

Peppermint (pepperment)

Sweet marjoram (marjolein)

Black pepper (swartpeper)

Cardamom (kardamom)

Juniper berry (jenewerbessie)

Vetiver

Lavender (laventel)

Ylang ylang (ilang ilang)

Petitgrain 

 

Die lys is ’n bietjie oorweldigend – kom ons onderverdeel die olies volgens ons behoeftes:

 

Kwaad/aggressief voor menstruasie:

Rose geranium (malva)

Clary sage (‘n soort salie)

Vetiver

Nutmeg (neutmuskaat)

Palmarosa

Bergamot

Lavender (laventel)

Roman camomille (kamille)

Marjoram (marjolein)

 

 Huilerig/depressief voor menstruasie:

Rose (roos)

Bergamot

Rose geranium (malva)

Clary sage (salie)

Nutmeg (neutmuskaat)

Jasmine (Jasmyn)

Sweet orange (lemoen)

Black pepper (swartpeper)

Grapefruit (pomelo)

 

Geïrriteerd/onvergenoegd/ontevrede voor menstruasie :

Clary sage (salie)

Nutmeg (neutmuskaat)

Roman chamomile (kamille)

Bergamot

Rose geranium (malva)

Cardamom (cardamom)

Cypress (sipres)

Juniper berry (jenewerbessie)


Belangeloos/moeg/ lusteloos/voor menstruasie.

Rose geranium (malva)

Clary sage (salie)

Cypress (sipres)

Bergamot

Roman chamomile (kamille)

Black pepper (swartpeper)

Juniper berry (jenewerbessie)

Sweet basil (basiliekruid)

Lemon (suurlemoen)

Peppermint (peppermint)

 

 Hoe om te gebruik:

Dit is natuurlik nie wys of prakties om al hierdie olies in een mengsel te sit nie.  

Jy is welkom om te eksperimenteer, of om ‘n mengsel vir jou behoeftes van Mirre & Kaneel af te bestel.

 

Bestel van Mirre & Kaneel.

 

·       Stuur ‘n WhatsApp met jou behoefte en ek kan vir jou die volgende meng:

·       10ml roller botteltjiemengsel @ R69 (draer-olie appelkoospit-olie)

·        50ml masseer-olie @ R120 (draer-olie appelkoospit-olie)  

·       10ml suiwer diffusermengsel @ R150 (suiwer essensiële olies – geen draer-olie nie)

10ml bevat tot soveel as 300 druppels – dus ‘n goeie voorraad vir jou diffuser.

 

 

Hartlike groete

Carina Falck:

Aromaterapeut

 

Bron: Worwood, V. A.

 The complete book of aromatherapy and essential oils.

1991, p. 358-364.

 

Kontak: Carina Falck 060 526 1422

Vrywaring:

Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word, en vervang nie enige mediese behandeling nie. Dit word op eie risiko gebruik.

3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page